Hein & Silke

Hein & Silke

November 2, 2024 • Stampriet, Namibia
Hein & Silke

Hein & Silke

November 2, 2024 • Stampriet, Namibia

In 'n skietwinkel in November 2021 het hulle paaie gekruis - sy 'n passie vir skiet en hy 'n man met 'n glimlag wat diep in haar siel skyn. Met 'n koop van 'n geweer het hulle 'n onverwagte verbinding gedeel, een wat hul lewens vir ewig sou verander.


Die winter van Junie 2022 het 'n draai geneem toe sy hom na die Stampriet skietkompetisie genooi het. Op daardie oomblik het die vonk tussen hulle begin om oor te slaan en het hulle saam gedans en gelag onder die Kalahari sterre, en dit was daar waar die liefdesverhaal van hulle twee amptelik begin het.


Die maande wat volg, was gevul met avontuur en liefde. Van die veiling in Windhoek tot hul eerste amptelike "date", elke oomblik het hulle nader aan mekaar gebring. Die skiet belangstelling het hulle nie net fisies saam gebring nie, maar ook emosioneel nader aan mekaar.


In Augustus 2022, in die midde van 'n pragtige plaas sonsondergang en 'n lekker "sundowner" het hy haar gevra om sy meisie te wees. Natuurlik het haar antwoord beide van hulle se harte laat dans. Met baie vreugde en liefde het sy ja gesê en het hulle geweet dat hulle beste avontuur nog voorlê.


Op die 1ste Julie 2023 het sy vir hom gevolg na sy plaas, 'n plek waar hulle harte tot rus gekom het.

Op die 30ste September 2023 vra hy haar om sy vrou te word, te midde van die pragtige Namibiese landskap, het hulle hul ewige gelofte aan mekaar gemaak - 'n belofte van liefde, avontuur en 'n lewe saam.


En so, tussen die skote van die skiet kompetiesie en die sagte sonsondergange van Namibië, het hulle 'n liefdesverhaal geskryf wat vir ewig in hulle harte sal bly lewe.

Gallery Photo 1