Soos enige goeie liefdes-verhaal begin, het Martin & Deline mekaar ontmoet in die geskiedkundige jaar van 2017, op ‘n Sondag na kerk.
Vir Deline is dit altyd belangrik om nuwe mense welkom te laat voel en dit is waar sy vir Martin en sy sussie Chanel vir die eerste keer gewaar het… vir Martin was dit liefde met die eerste oogopslag. Wie sou nou kon raai dat blomme-kind Deline op daardie dag haar toekomstige man ontmoet het.
Martin se sussie Chanel het intussen goeie vriendinne geraak met Deline en hulle het gereeld saam gekuier, waar Martin natuurlik gesorg het om elke geleentheid te gebruik om in die agtergrond 'n toevallige verskyning te maak.
So sou die Here twee spesifieke harte kies om paaie te kruis en die plan was in plek.
Fast forward na 2021, toe Xandré (Martin en Deline se geestelike vader) ‘n duidelike visioen gekry het dat hierdie twee jong mense mekaar se gelyke helpers kan wees.
Op die 28ste November van hierdie jaar deel Xandre dit met Deline...…wat dan ook deur Woord van ander oorde bevestig word.
Xandré het dieselfde gesprek ‘n paar dae later, die 4de Desember, met Martin en Martin laat ook nie op hom wag nie. Hy reël dadelik hulle eerste offisiële milkshake date sommer die dag daarna...een waarvoor Martin lank geskimp het. Haha!
Wat eers vir Deline ‘n vreemde gedagte was, het vinnig die besef en oortuiging geword dat God beter weet (of sou ons eerder sê wie vir haar nommer-pas sou wees) en kon sy kies om God se Plan vir haar lewe te gehoorsaam en te volg... this is what it means to trust in Gods process and see the way He sees.
Jer 29:11 For I know the thoughts that I think toward you, says the Lord, thoughts of peace and not of evil, to give you a future and a hope.
Martin het altyd diep in sy hart iets vermoed, maar het geduldig gewag en sy rus gevind in God se vasgestelde tyd.
Saam, het hulle die kwaliteits-besluit gemaak om hulle geloof in die Woord te plaas en het hulle vriendskaps-verhouding; om mekaar beter te leer ken; begin.
Die 10de Junie van die volgende jaar 2022, vra Martin vir Deline die kys. Nog 'n jaar later op ‘n warm nasionale Erfenis-dag, 24 September, met al hulle geestelike familie en vriende as getuies, gaan Martin op sy knie, om Deline die groot vraag te vra.... En natuurlik gee sy toe ‘n groot JA!!!
Met geloof en die regte invloed (en baie skoenlappers in die maag) het hierdie liefdes-boompie mooi begin groei en die vrug is nou sigbaar en gereed.
Soos tyd nou aanstap is hulle sterk oppad na die kansel om vir ewig trou aan mekaar te beloof.
Presies vier seisoene later, dag en datum op 24 September 2024, is hulle onbeskryflik opgewonde om die dag, saam elkeen wat hierdie spesiale liefdes-verhaal lees, te mag deel.
Kom wees asb ‘n getuie van hierdie spesiale oomblik.
Met baie liefde,
M&D