Wees ons gas
Ons harte klop van vreugde om hierdie onvergeetlike oomblik met julle te deel.
Terwyl ons begin met die mooiste avontuur van ons lewens, sal dit vir ons ’n groot eer wees om julle by ons groot dag te hê.
Hier sal julle alles vind wat julle nodig het — van ons dresscode, dagprogram, lokaalbesonderhede, RSVP-vorm, en nog meer.
Jou teenwoordigheid beteken vir ons die wêreld. Saam met julle wil ons herinneringe vol liefde, lag en lig skep wat vir altyd in ons harte sal bly.
Kom ons lig ’n glas op liefde wat groei, vreugde wat bly en ’n leeftyd saam — hand aan hand, hart aan hart.
Met al ons liefde,
Mishke & Pierre
Mishke & Pierre – Trou Tydlyn
14:00 – 14:45 | Gaste arriveer
15:00 | Seremonie
16:00 | Fotos & Cocktails
17:30 | Aankoms by onthaal
18:00 | Bruid & Bruidegom arriveer
18:20 | Toesprake
18:40 | Tafelgebed
18:45 | Aandete
19:45 | Bruidegom se toespraak
19:55 | Eerste dans
20:20 | Kousband gooi & blommegooi
20:30 – 22:00 | Dans, kuier en lag
22:00 | Einde van program vir nie-oornaggaste
23:45 | Laaste saam sing, dans en lag
24:00 | Einde van die aand
Venue & Verblyf
Ons troue vind plaas by die pragtige Athalia Eden, waar die feestelikhede strek van Vrydag-aand saamkuier tot die Sondagoggend koffie, voordat almal weer huis toe gaan.
Athalia Eden het genoeg verblyf vir al ons gaste, en ons sal later alles oor bespreking en kamers aan julle deurgee.
Vrydag-aand saamkuier
Vir almal wat die Vrydag aand oorslaap: kom kuier lekker saam met ons!
Ons sal nader aan die tyd al die reëlings en klein besonderhede aan julle deurgee — maar maak gereed vir gesels, lag en ’n bietjie pret om die naweek mee af te skop.
Sondagoggend
Vóór almal weer huis toe gaan, kan ons saam vir ’n laaste keer koffie geniet en herinneringe deel van die wonderlike naweek.
Kommunikasie
Ons sal ’n WhatsApp-groep skep waar ons al die reëlings vir die naweek sal deel, sodat almal op hoogte bly en niks misloop nie.
Ons venue het die mooiste boskleure, en die kleurskema van ons troue pas perfek daarby.
Daarom vra ons dat almal semi-formeel aantrek en, indien moontlik, ligte en neutrale kleure kies — soos bruin, cream, groen en swart.
Met alles wat ons het, voel ons rêrig baie geseënd,
Jou teenwoordigheid en goeie wense is al waarna ons verlang — mooi en opreg.
Maar as jy tog iets wil gee (want party mense moet net bederf, ons weet!),
Sal ’n geldelike bydrae tot ons toekoms saam — of dalk vir ’n wittebrood-bederf of twee — met groot warmte en glimlagte deur ons ontvang word, verseker nie te veel of te vreemd.