Rudene & Tean

3.16.2024 • Potchefstroom, South Africa

Rudene & Tean

3.16.2024 • Potchefstroom, South Africa

Our Story

Ons storie

Picture of Ons storie

In 2016 het Rudene en Tean, na vyf jaar saam op skool, vir die eerste keer mekaar werklik raakgesien. Elke tweede pouse het hulle mekaar beter leer ken en daar besef dat hulle saam behoort. Tog, met onsekerheid oor die volgende jaar het Tean haar aan 'n lyntjie gehou. Eers in Januarie 2017 word die twee gekuis met 'n gapingsjaar wat vir albei voorlê. Deur die jaar versterk die verhouding genoeg dat Rudene kans sien vir 'n volle Desember vakansie saam met die Jouberts. Daarna besef hulle dat hulle kans sien om enige ding saam aan te pak. Tot op hede was daar ontelbare heen en weer gekuier by albei se gesinne, of dit nou 'n vakansie is by Nature's Valley of Pilanesberg, of sommer net 'n naweek by die huis waar die ma's ons bederf met die lekkerste kos. Albei kan met vrede sê dat hulle met liefde aanvaar is as deel van die ander se huisgesin.

In 2018 begin albei in Potchefstroom swot en ontmoet toe daar vir ds. Willem Steyn by die Gereformeerde kerk Die Bult, saam wie hulle 'n geloofspad stap en leer om mekaar op te bou tot die eer van ons Hemelse Vader. Dit is immers waarom ons almal die dag gaan vier, ja as vriende en familie, maar ook getuies van die verbintenis van Rudene en Tean voor en vir God.