Is dit net Saterdag?
Pfffft, nee. Ons storie is kort, die naweek is nie. Vrydagaand is 'n bring en braai met jou eie dop en slaai op die Venue!
Is daar verblyf beskikbaar?
Ja daar is. Na RSVP's sal almal toepaslik geallokeer word in die selfbetaalbare verblyf. Spesifiseer asseblief hoeveelheid aande en gaste op RSVP blad. RSVP asseblief teen 26 Februarie.
Luukse tentkampe (slaap 4) - R350 pn/pp.
Baksteenhuise (slaap 3/4) - R450-600 pn/pp.
Kinders onder 12 slaap teen halfprys, as kleintjie nog nie in 'n bed slaap nie, slaap hulle verniet (baba's).
Is daar 'n grondpad?
Goue vraag! Ja daar is... as jou kar se bellyplate deur lang gras gekielie word, kry 'n lift! Andersins is die grondpad so mooi soos 'n plaaspad kan wees. Dis ongeveer 7km vanaf die teerpad met 'n paar hoë hobbels en eensame klippe.
Wat is die kleurskema en aantrekkode?
Verkieslik moet almal begin met onderklere. Na dit mag die dames asseblief nie wit aantrek nie. Kleredrag moet semi-formeel wees met sagte boskleure.