Hoelaat mag ons in die kamers in gaan?
Gaste mag 12 nm in die kamers in gaan met Vrydag of Saterdag se aankoms.
Hoelaat moet ons Sondagoggend na die troue uit die kamer wees?
Voorlopig moet die gaste asseblief teen 08:30 uit die kamers uit wees. Die bruidspaar sal vooraf laatweet indien die tyd verander na later toe, alles hang af van die venue.
Is daar linne en handdoeke in die kamers?
Daar is linne en handdoeke in al die kamers behalwe in Harmonie Proteas se KAMER 13, 14, 15, en 16. Eie bed linne en handdoeke moet asseblief vir hierdie kamers verskaf word.
Mag ons eet en drink in die kamers?
Ja julle is welkom! Al die akkommodasie is selfsorg. Daar is twee gemeenskaplike kombuise by Harmonie en een by Grassade. Daar is breekware, glasware, eetgerei, potte, yskas, mikrogolf, ketel, koffie, tee, suiker ens in die kombuise. Sien asseblief "Akkommodasie" en dan die sub opskrif "Akkommodasie Informasie".
Wat moet ons alles saam bring vir die braai Vrydagaand?
Bring asseblief eie vleis, drinkgoed en ys. Daar sal borde, eetgerei en glase beskikbaar wees. Ons sal ook bykosse voorsien vir almal die Vrydagaand. Plastiek stoelle word verskaf maar julle is welkom om julle eie stoelle te bring.
As ons net saam wil braai die Vrydagaand, moet ons by die venue oorslaap die Vrydagaand of kan ons huistoe ry?
Julle hoef nie oor te slaap nie maar ons sal aanbeveel dat julle wel oorslaap want die pad is maar gevaarlik en ons wil hê julle moet lekker saam ons kuier!
Kry ons ontbyt Saterdagoggend?
Julle bring vir Saterdagoggend julle eie ontbyt en kan dit gaar maak in die gemeenskaplikke kombuis. Daar is tarriewe beskikbaar in die gemeenskaplikke kombuis. Sien asseblief "Akkommodasie" en dan "Akkommodasie informasie"
Hoelaat moet ons by die kapel wees vir die seremonie?
Wees asseblief 14:45 op die laatste by die venue om toe te laat vir tyd om te parkeer en wees asseblief 14:50 by die kapel. Die seremonie begin 15:00.
Wat moet ek aantrek vir die troue?
Die troue is semi formeel. Manne asseblief geen jeans nie. Trek 'n mooi chino en 'n paar vellies aan met 'n mooi knoopies hemp.!Vir die mooie dames sal 'n rok, semi formeel broek en hemp of 'n mooi romp en hemp meer as genoeg wees. Oh en los maar die hakskoenne wat seermaak by die huis! Bring asseblief ook 'n warm ding saam want dit is 'n winter troue. Belangrikste is dat jy gemaklik is vir die dag!
Ons kleur skema is neutrale aardse kleure. ; )
Tot hoelaat is die troue?
Die kroeg en DJ maak klaar 00:00 maaaar.. Almal is meer as welkom om na die boma toe te beweeg om verder te kuier as hulle lus het en jy kan jou kooler saam bring!
Is daar ontbyt beskikbaar die Sondagoggend na die troue?
Ja daar is! Jy hoef nie te bekommer oor ontbyt die Sondagoggend nie!
Dit is R140 per persoon vir 'n buffet BOERE ontbyt en sluit in:
Meusli & Jogert
Brode
Kouevleis & Salami
Kaas
Tamaties
Vrugte in seison
Boerewors
Bacon
Eiers
Koffie, tee en vrugtesap
Mag ons van die pragtige proteas of ander flora pluk?
Groot asseblief NIE! Harmonie Proteas is nie net n trou venue nie maar 'n besigheid wat proteas verskaf aan ander besighede. As enige van die gaste proteas of enige ander flora pluk sal hulle beboet word en van die perseel verwyder word. Moet asseblief nie ander se brood en botter vat nie.
ABSA: Tjek rekening
Rekening nommer: 4088 258 768
Tak kode: 632005
Rekening houer naam: C. Henning
Bewys van betaling na: chane.henning08@gmail.com
Verwysing: Naam en Van