Daar is ander verblyfs opsies, hier is net 'n paar gelys. Julle is meer as welkom om rondom die venue ( Stable View Venue, Hekpoort ) ander verblyf te soek.
Kyk gerus op Bookings.com ook dit is somtyds goedkoper daar aswat Lekkerslaap is. Gaan soek op Bookings.com ook hierdie verblyf opsies en maak net seker die verblyf is dalk nie goedkoper daar nie!!
Sable Mountain is 'n pragtige lodge wat op 'n skilderagtige plaas aan die buitewyke van Magaliesburg in Hekspoort geleë is. Dit bied verblyf in die platteland en is ideaal vir 'n paartjie, klein gesin of groot groep vriende.
Dié lodge bied verblyf in verskeie eenhede waarvan gaste kan kies. Die Springbok-eenheid en die Impala-eenheid het elk slaapplek vir 2 gaste. Die Kudu-eenheid het slaapplek vir 6 gaste. Beide ateljees het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 eenhede beskik elk oor 3 slaapkamers wat 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed, dubbelbed of enkelbeddens het. Elke eenheid het 'n badkamer met slegs 'n stort of 'n bad en 'n stort.
Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf en 'n yskassie toegerus. Die 2 groter eenhede het elk 'n volledig toegeruste kombuis, sitarea met gemaklike sitplek en ruim eetplek waar gaste hulle maaltye kan geniet. Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe.
Alle gaste het toegang tot die gemeenskaplike plonspoel by die hooflodge en voetslaanroetes. Die lodge spog met verskeie bokke.
Steynshoop Valley Lodge is 'n luukse, kindervriendelike, selfsorg-lodge naby aan Hekpoort op 'n pragtige verhewe stukkie grond in die skilderagtige Magaliesberg-vallei. Die lodge spog met die mooiste uitsig oor die bergreeks en vallei. Net 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria af lê die unieke lodge in 'n Wêrelderfenisgebied.
Daar is 'n pragtige opstal en 'n omliggende vierkant van geboue met 'n omheinde groentetuin en 'n antieke Kaapse styl hoenderkampie. Die opstal het verskeie groot, omheinde waterfonteintjies en 'n atmosfeer wat herinner aan 'n vroeë Transvaal-plaashuis en bydra tot die nostalgie van die landgoed. Die opstal het 5 en suite-slaapkamers. Daar is 5 aangrensende kothuisies met 1 slaapkamer elk. Daar is addisionele dagbeddens vir kinders in 3 eenhede.
Magalies Mountain View Cottage is net langs die R560 en die R401 in Hekpoort geleë. Die asemrowende Magaliesberg-uitsigte van die veranda af wag om jou te verwelkom by die bekoorlike kothuis. Luister na die voëltjies wat vroeg in die oggend al begin tjilp en kyk uit vir die warmlugballon wat moontlik oor sweef.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is bad- en stortgeriewe in die kothuis.
Welkom by Esther's Country Lodge, 'n kontemporêre lodge in 'n die hartjie van die Magaliesberge. Moderne minimalisme is die eerste eienskap wat besoekers opval wanneer hul hier arriveer. Die lodge se hoë plafonne skep 'n gevoel van ruimte wat deur die ontblote baksteen en hout beklemtoon word. Dit is 'n gaste-lodge met 'n verskil ? Frank van den Ham se kleurvolle glaskuns is orals te bespeur.
Esther's Country Lodge het 8 dubbelkamers. Elke kamer is gerieflik gemeubileer en het 'n privaat en suite-stort, koffie- en teemaakgeriewe, 'n sitarea en 'n TV.
Mokoya Lodge bied B&B-verblyf op 'n privaat plaas, net 10 tot 15 minute se ry vanaf Hekpoort. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike blyplek vir 'n vakansie of sakereis in die Wieg van die Mensdom.
Verblyf by Mokoya word aangebied in 17 smaakvol versierde suites. Elke kamer is ingerig met of 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Elke kamer beskik ook oor 'n waaier, elektriese komberse, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.
Ziggy’s River Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis op 'n plaas aan die oewer van die Magaliesrivier net buite Magaliesburg. Dit is die ideale rustige wegbreek in die natuur.
Hierdie kothuis bied slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n buitestort, en linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof met 'n klein oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n plafonwaaier.
Densview is 'n gemaklike, privaat, kompakte selfsorg-eenheid. Geleë op 'n plaas aan die oewer van die Magaliesrivier. Die eiendom is 'n ideale keuse vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek omring deur die natuur.
Die eenheid bied slaapplek vir tot 2 gaste in 'n oopplan-slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamerarea is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en die en suite-badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Berlouri Guest House is op 'n plaas in Hekpoort, Gauteng geĺeë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin, paartjies of 'n groep vriende. Dit is gerieflik naby talle trou-venues, winkels, restaurante en besienswaardighede.
Verblyf word aangebied in 3 en suite-kamers, elk met lugversorging, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n badkamer met stort- en badgeriewe. Elke kamer het ook 'n privaat stoep en braai-area met 'n asemrowende uitsig oor die plaas en die Magaliesberge.
Daar is 'n gemeenskaplike kombuis en leefarea. Die kombuis is met 'n elektriese oond, gasstoof, mikrogolfoond, elektriese toestelle, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en DStv.
Bridgewaters Horse Park bied 'n rustige wegbreek in die skilderagtige Magaliesburg se bergreeks wat in Hekpoort, Gauteng geleë is.
Verblyf word in 'n verskeidenheid eenhede gebied wat elkeen gemaklike beddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak het.
Hierdie rustige en pragtige perdeplaas het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en gaste kan voëlkyk of na 'n geskiedkundige treinbrug stap wat oor die rivier strek. Gaste kan die natuurskoon geniet en avontuurlustige gaste het gratis toegang tot die nabygeleë Sable-staproete.
Lekker Plekkie Farm Cottage is 'n knus selfsorgkothuis teen die suidelike hange van die Magaliesbergreeks in die Wieg van die Mensdom, Hekpoort. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat die gewoel van die stadslewe wil ontsnap.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, gasgeiser, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n sitarea en daar is gratis WiFi.
River Dance Couple Unit is 'n bekoorlike toevlugsoord in die rustige dorpie Hekpoort, teen die majestueuse Magaliesbergreeks. Die rustieke, plattelandse ligging is perfek vir diegene wat op soek is na 'n ontspannende naweekwegbreek of opwindende aktiwiteite in die Magaliesburg-omgewing.
Weaver's Roost is a peaceful and tranquil resort about an hour's drive from Rustenburg, Pretoria and Johannesburg. We are in the Cradle of Humankind.
The big trees, mountain and river will bring calm to your soul. Small game is frequently seen and also a lot of birds. A water slide at the swimming pool, a hiking trail up the mountain, mini golf, pool table, table tennis, DSTV room, playground including a trampoline and a kiosk with all the necessities.
Elegant Accommodation: Magalies River Country Retreat in Skeerpoort offers a recently renovated guest house with a swimming pool boasting stunning views, a lush garden, and a spacious terrace. Free WiFi is available throughout the property.