Ons verhaal gaan terug 12 jaar.
Dis n lang tyd om n leeftyd saam te beplan.
Ons was vriende in dieslefde Afrikaans en Hotelkunde klas.
Glo dit of nie Donovan het n paar moves in die kombuis, hy sê dit net nie hardop vir Annuscha nie.
Die liefde het begin in Matriek, wel soortvan.. nie een van ons het n "date" na die matriekafskeid gehad nie en sou as vriende mekaar se metgeselle wees. Nie te min net voor die afskeid het ons n vriendin se 18de verjaarsdag gehad en toe verander omstandighede, die man het n regte charm aan hom. So romantiese soos dit klink gryp Donovan vir Annuscha by die gesig en soen haar styf op die lippe lekker in die koue reën.
Nou ja toe daar is die bruidspaar glad nie meer net vriende teen die tyd van die matriekafskeid nie en sommer nou n paartjie.
Die liefde het gegroei van toe en alhoewel die paar al deur baie is, geluk, hartseer, avontuur staan hulle elke dag op en kies om mekaar lief te hê.
Iemand het eens vir ons gesê mens kies om lief te wees vir n persoon die dag as jy ophou die keuse maak, is dit die einde.
Na 8 jaar en 10 maande saam kies ons om elke dag getrou te bly aan mekaar en nou begin die nuwe hoofstuk saam as man en vrou.