Die seremonie begin stiptelik om 16:00. Ons vra dat die gaste asseblief teen 15:30 hulle sitplekke inneem.
Mag ons foto's en videos neem?
Ons vra dat geen foto's of videos tydens die seremonie geneem word nie. Na die seremonie kan julle soveel van die dag afneem soos wat julle wil.
Kan ek 'n metgesel bring?
Ons wil ons dag so intiem as moontlik hou en nooi net ons naastes en bestes. Ongelukkig word geen metgesel toegelaat tensy hy of sy 'n persoonlike uitnodiging gekry het nie.
Word kinders toegelaat?
Ongelukkig nie. Ons is baie lief vir julle en julle kinders maar ons wil graag hê dat ons gaste die dag ten volle moet geniet en 100% teenwoordig moet wees - nie besig om agter hulle kinders aan te hardloop nie. Dus, tensy ons spesifiek julle kinders uitgenooi het, word hulle ongelukkig nie toegelaat nie.
Wat moet ons aantrek?
Die tema is streng formeel.
Die mans moet asseblief swart formele pakke met lang swart dasse dra en die dames formele kleurvolle rokke (sien die Pinterest link hieronder).