Dit is met blydskap en vreugde dat, Henry en Janneke jou nooi om te kom deel in hierdie kosbare oomblik. Henry en Janneke te same met hul ouers, nooi u hartlik uit na hul huweliksbevestiging.
Dit is met blydskap en vreugde dat, Henry en Janneke jou nooi om te kom deel in hierdie kosbare oomblik. Henry en Janneke te same met hul ouers, nooi u hartlik uit na hul huweliksbevestiging.
Kontantkroeg met kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
'En as ek die dag my hand in joune sit sal ek my padkaarte bêre met die wete: my reise op soek na jou is nou verby'
Dit is verseker reg om te sê dat ons twee mekaar se voete onder mekaar uitgeslaan het....
Ons ken mekaar al jare, maar nooit het ons gedink dat ons so ‘n belangrike rol in mekaar se lewens sou speel nie.
Na 'n skame onverwagse hallo sê by 'n dans, lekkerste gesels en nommers uitruil…. was maar net die begin!
Maar toe sluit SA sy deure vir COVID en vriendskap was vir eers die antwoord.
Janneke benodig toe ‘n metgesel na ‘n vriendin se troue en die uitnodiging word aan Henry gestuur. Henry het ingestem en tenvolle van die geleentheid gebruik gemaak om die vriendskap in iets meer spesiaal te laat verander….met die hulp van sy Italian Stallion dans moves en met sy pragtige, tog stoute glimlag het hy Janneke se hart laat smelt.
Die eerste koffie afspraak by Hooikraal was maar net die begin van baie ontmoetings, oor & weer braaie en aande waar resepte uitgetoets word.
Vir ‘n paar maande was die spesiale vriendskap eers
‘n geheim, net om onsself kans te gee om mekaar nog beter te leer ken.
Ons kon nie langer die waarheid ontken nie en ‘n verhouding was official gemaak!
Ons albei hou van fietsry, draf of sommer net stap en op
31 Maart 2024, in Janneke se mees geliefkoosde plek, Jongensfontein, durf ons weer so ‘n oggend stappie aan.
Henry het die geleentheid raakgesien en op die rotse van Hoebaai op sy knie gegaan - en dit was 'n versekerde JA!
Na 3 jaar, 'n karavaantjie saam, 3 honde en 'n leeftyd om saam na uit te sien gaan ons, ons padkaarte bêre met die wete: ons reise opsoek na mekaar is nou verby.
Ons is so opgewonde om ons vir altyd saam te begin met ons hartsmense by ons!
Julle teenwoordigheid is reeds ‘n groot geskenk. Indien jul ’n geskenk wou gee is ons nessie al klaar geveer, maar ‘n geldjie sal ons baie waardeer!