Jan-Hendrik en Melanie ontmoet mekaar as skaam Graad 8's en is van die begin af goeie vriende.
August 14, 2014
Deur hulle Hoërskool jare was dit moeilik om hulle kinderliefde vir mekaar weg te steek, en het mekaar vir ure lank gehelp met Wiskunde net om in mekaar se geselskap te kon wees. Na baie skaam pogings om hulle liefde aan mekaar te verklaar het die 5 jaar soos 'n oogwink verbygevlieg.
July 10, 2015
July 15, 2015
September 16, 2018
Melanie het toe in Potchefstroom gaan studeer en Jan-Hendrik in Pretoria, dus het hulle paaie vir eers geskei, maar die vriendskapsverhouding het elke vakansie net "beter" en "beter" geword. Die afstand was nie eenmaal 'n probleem nie en Jan-Hendrik het soms met behulp van saamrygeleenthede Potchefstroom toe gery en met sy rugsak die hele NWU kampus platgeloop opsoek na Kasteel Dameskoshuis.
December 09, 2018
December 13, 2018
Na baie vakansies saam en goeie herinneringe het hulle hul liefde aan mekaar verklaar aan die einde van 2018.
January 08, 2019
Jan-Hendrik het vir Melanie op die Fanie Botha staproete uitgevra tussen duisende vuurvliegies in die woud. (Die vuurvliegies was nie mee gereel nie).
January 11, 2019
Na die Fanie Bota staproete was dit vir hulle 'n groot voorreg om mekaar meisie en kêrel te noem. So het hulle gelukkige verhouding saam begin.
March 29, 2019
'n Langafstand verhouding het seker gemaak dat hulle die beste maak van hul tye saam. Talle naweke en vakansies was saam deurgebring om die verlange te versag.
September 12, 2020
March 15, 2021
March 15, 2021
July 15, 2021
December 30, 2021
Na 3 jaar se bou aan 'n onskeibare verhouding het die liefde vir mekaar nie meer net gebod nie maar was ook reg om te blom.
July 02, 2022
Jan-Hendrik het toe vir Melanie gevra om met hom te trou sodat hulle vanaf die 17de Desember vir die res van hul lewens een kan wees in God se bestemde liefde.