Indien jou uitnodiging dit aandui is jy meer as welkom om jou metgesel saam te bring.
Is kinders welkom?
Alle kinders is spesiaal uitgenooi om die dag saam ons te geniet.
Is daar parkering beskikbaar?
Ja, daar is oorgenoeg veilige parkering vir almal ('n parkeer-wag insluitend).
Wat is die kleredrag?
Semi-formeel. Dit is Januarie in Stellenbosch, jy gaan warm-kry, trek asseblief gemaklik aan.
Dames: gemaklike somersrokke (dit is 'n tuin-troue, so hakke gaan dalk nie die beste besluit wees vir die dag nie).
Mans: gemaklike langbroeke met knoophemde, los die das maar by die huis. Kom oop-kraag en oop-kop saamkuier.
Is die troue binneshuis of in die buitelug?
Die seremonie sowel as die onthaal vind in die buitelug plaas. Ons venue, Natte Valleij Wynplaas het 'n ongelooflike mooi natuurskoon in die tuin sowel as op die res van die plaas. Ons wil graag die beeldskoonheid van Natte Valleij ten volle benut.
Watter skoene moet/moet ek nie dra nie?
- Dames: vir die seremonie en onthaal raai ons die dames aan om gemaklike sandale/kort hakskoene te dra (seremonie & onthaal vind buite plaas), maar bring gerus jou tekkies saam vir die dansvloer!
- Mans: vir die seremonie en onthaal raai ons mans aan om hul gemaklikste bruin/swart skoene aan te trek....vellies is welkom!
Kan ek foto's en/of video's neem tydens die seremonie?
Moet asseblief NIE foto's/video's neem tydens die seremonie nie. Ons het fotograwe en videograwe om al die herinneringe vas te vang. Neem gerus na die diens foto's en deel dit met almal.