Ja, om die verblyf wat op die venue is optimaal te gebruik, wil ons asseblief hê julle moet beide Vrydag en Saterdagaand daar oorbly.
Hoe lyk die pad?
Daar is so 2.5km grondpad tot by die venue, 'n gewone kar sal manage.
Dis vir ons die heel belangrikste dat julle die naweek saam met ons kom spandeer. Dis nie nodig om enige geskenke saam te bring nie, kom kuier net saam!