FRANS SE WEERGAWE
Ek is nie heeltemal seker nie, vra vir Luka.
LUKA SE WEERGAWE
Iewers eendag het ‘n blou oog mannetjie, my gevra om koffie saam met hom te gaan drink oor die meisie probleme wat hy toe nie gehad het nie. En nog nooit, was ek so dankbaar vir ‘n koffie nie.
Minwetend het daai einste koffie my gevat op koue winter Carolina dam uitstappies waar ons ontdek het dat die enigste manier hoe om rooiwyn af te sluk is met ‘n happie chocolate roomys. Baie covid koffie dates en Mopanie-curfew ontsnap sessies voor die klok 12 uur slaan. ‘n Le Roux naweek en ‘n klompie baba-tee’s later het ek iewers tussen die mossels duik en triathlon's saam aandurf besluit dat ek daarvan hou om lewe saam met jou te doen.
Frans Stander, het my geleer om vis te vang en wiele om te ruil, hy het besluit om lief vir my te wees al dink ek noord is altyd voor my maak nie saak waar ek staan nie, en om my elke keer te verduidelik dat daar ‘n verskil is tussen Zambië, Tanzanië en Zimbabwe.
Dankie Frans dat jy jou ondersteuningsraamwerk met my deel, dit is die grootste voorreg om te sê, ons is elkeen ‘n hele gesin ryker.