Wit word slegs deur die bruid gedra, maar mans is welkom om wit hemde te dra.
Mag kinders en baba's saamkom?
Alhoewel julle kinders ons na aan die harte lê, is hierdie geleentheid slegs vir volwassenes. Vat die aand af en kom kuier lekker saam!
Hoe betaal ons by die kroeg?
Dit is 'n kontantkroeg, ongelukkig sal geen "tabs" beskikbaar wees nie. Kaartmasjiene is beskikbaar.
Tot hoe laat is die kroeg oop?
Die kroeg roep 'laaste rondtes' om 23:00 en sal teen 23:30 sluit.
Is dit moontlik om dun hoë hakke aan te trek?
Die terrein bestaan uit 'n grondpaadjie en grasperk by die seremonie en "pre-drinks" area. Dit sal dalk meer gemaklik wees om 'n blokhak of formele winterstewels te dra.
Is die trou seremonie buite of binne?
Die seremonie sal buite in die woud op die perseel plaasvind. Indien dit sou reën, sal die seremonie onder dak in die kapel by die perseel gehou word. Indien jy vinnig koudkry, maak seker jy is warm genoeg aangetrek vir die buitelug-verrigtinge.