Philip se weergawe:
Ek het vir Deirdre Payne die eerste keer opgemerk in die gimnasium by De Velde. Sy het met my goeie vriend Franna gesels. Alhoewel ek haar nie ontmoet het nie, het ek, soos enige normale jong man, vir Franna gevra wat haar naam was en haar begin volg op Instagram.
Nee, sy het my nie dadelik teruggevolg nie.
'n Paar dae later het ons 'n bietjie dorp toe gegaan, Plattelanders, en daar staan sy by die kroeg. Sy het 'n tequila afgesluk soos 'n kampioen, sy kon dans, en ja, ek het haar nommer gekry.
Die volgende dag het ek die momentum gebruik en my beste sjarme ingespan, 'n bietjie oor Binnies gesels en haar gevra vir 'n koffiedate. Sy wou nie veel daarna van my weet nie, miskien net as 'n vriend, maar dit was dit.
Ek het toe maar begin moed opgee. Daarna het ek begin om ander dames aandag te gee, en blykbaar het sy dit besef tydens een van ons vriende se uitstappies en nie daarvan gehou nie.
Covid het gekom en na menigte oproepe later het ek weer begin dink ek het 'n kans. Ek onthou nog die dag toe ek vir haar gevra het waar ons nou staan.
Baie lank Boer soek 'n Vrou-tipe antwoord, maar soos julle kan raai, het ek gewen.
Dit was maar 'n lang afstand resies, maar tot dusver 'n reis wat ek vir niks sou verruil nie
Deirdre se weergawe:
Dit het als begin met `n sosiale media invite. Normaalweg hou ek van my privaatheid op sosiale media, en aanvaar gewoonlik eers mense met wie ek ten minste al in persoon gepraat het. Ek wonder toe wie is hierdie vreemde ou, en besluit toe watter skade gaan dit doen as ek bietjie deur sy se foto`s kyk.
`n Week of wat later, laat weet my kamermaat sy is lus om te gaan dans by Plattelanders. Ons gaan toe uit die aand en hier stap Philip in. Ek sê toe vir my kamermaat dis die ou wat my op sosiale media invite het.
Philip laat nie op hom wag nie en vra my sommer dieselfde aand om te dans. Punte Punte vir hom, want duidelik ken hy sy storie as dit kom by dans. Een van die goed waarvoor ek gebid het, is dat my Trouman asseblief tog net eendag kan dans. Soos almal weet is Philip die ekstrovert tussen ons twee, en hy vra toe sommer dieselfde aand my nommer ook.
So begin ons lekker te gesels op whatsapp, en Philip nooi my vir baie koffies en roadtrips. Op die stadium geniet ek egter nog my onafhanklikheid en eie tyd en wil ek niks weet van `n verhouding nie. Franna, sy kamermaat, het ons natuurlik op daardie stadium vergesel op al die uitstappies. Op `n stadium dan sal hy my nooi vir `n kuier, en dan sal hy se, ek hoef nie bekommerd te wees nie, Francois kom ook saam.
Net voor Covid gaan ons toe `n naweek weg saam met vriende, en ek sien toe op die naweek Philip dans met ander meisies. Ek hou toe natuurlik glad nie daarvan nie,
Covid gaan ek huis toe en Philip bly agter in die Kaap. Hy bel my elke dag in Lockdown en ons gesels ure lank oor die foon. Na elke oproep dan se my ma, "Jy lyk smoorverlief" Maar ek se dan net "Glad nie!"
Julie maand keer ek toe terug Kaap toe, en besef toe, ek kan nie langer dit ontken nie, daar is tog bietjie Chemistry tussen ons. Einde Julie besluit ons om uiteindelik ons verhouding `n kans te gee.
Aangesien Philip my eerste verhouding is, was ek maar lekker skrikkerig, en vra toe vir hom kan ek asb net nog elke tweede naweek `n persoonlike naweek he (#Introvert). Hy het natuurlik vir my gelag en gese dit werk nie so in `n verhouding nie.
Vandag is ek ongelooflik dankbaar dat hy nooit moed opgegee het met my nie en kan nie my lewe indink sonder hom nie. Ek sien uit vir `n leeftyd saam. maar eers gaan ons behoorlik troue hou!!