Augustus 2023
Single and ready to...
... toe daag daar ’n beeldskone proefstudent by Potchefstroom Gimnasium op.
Ruan en Julia se eerste paar interaksies was vlugtig en oppervlakkig — net toevallige geselsies oor of die kinders haar KFC sal steel as sy dit vinnig op die skooltrappe los of oor aktiwiteite wat by die skool plaasvind; niks ernstigs nie. Totdat Ruan een aand, tydens hierdie proefstudent se proeftydperk, besluit om die universiteit se damessêr te gaan kyk. Die oomblik toe Kasteel Dameskoshuis hul verskyning maak, het Julia se presence dadelik sy aandag vasgevang: Haar selfvertroue, haar glimlag en haar passie op die verhoog— iets aan haar het hom dadelik betower. Hy kon nie sy oë van haar af hou nie.
Die volgende dag by die skool het Ruan spesiaal na haar klas gestap om haar geluk te wens met 'n ongelooflike vertoning — natuurlik onder die verskoning van professionele belangstelling. Small talk was nog nooit sy sterkpunt nie, maar daardie dag het hy alles gegee om 'n voet in die deur te kry. Tot sy groot teleurstelling moes hy hoor dat Julia reeds in 'n verhouding is.
En so gebeur daar toe niks tussen hom en die meisie wat sy voete in een aand onder hom uitgeslaan het nie.
Januarie 2024
Die nuwe skooljaar begin.
En daar sit sy weer — dié keer nie as proefstudent nie, maar as 'n nuutaangestelde Juffrou Julia. En in daardie eerste geselsies hoor Ruan die nuus: Julia is single!
En sy kies heeltoevallig (natuurlik onder die verskoning van professionele belangstelling) om haar jaar se personeelkamerplekkie op die stoel langs Ruan s'n te claim.
En toe — op die eerste Donderdag ná skool begin — kry Ruan ’n oproep van Julia: “Hey, jy het pouse gesê dat jy nie grond vat nie. Ek is op pad om my skryfbehoeftes vir die jaar te gaan koop — kan ek joune ook sommer vir jou kry?”
... Sy hoop natuurlik dat hy sal aanbied om saam te gaan; en dis toe presies wat gebeur. Wat begin het as ’n vinnige inkopie-uitstappie by @Office, het geëindig as ’n drie-uur gin-en-whiskey- date. Die vonke het behoorlik gespat en van daardie dag af was daar nie weer 'n enkele skooldag waar hulle mekaar nie ná skool gesien het nie.
En sommer gou-gou het hulle altwee besef dat hulle hulle koppe gaan moet rewire, want hierdie is nie net sommer nog 'n verhouding nie. Na baie diep gesprekke, vele Kaap-trippies, en heeltemal te veel koffies voor, na én tydens skool, het hulle besluit dat hulle dit official wil maak.
2 Augustus 2025
Ruan en Julia beloof vir ewig aan mekaar.
’n Nuwe hoofstuk begin — gevul met liefde, lig en die belofte van saamwees deur alles wat kom.