Teen wanneer moet ek RSVP?
Die laaste dag om te RSVP is 10 Junie 2025.
Hoe moet ek RSVP?
Op die tuisblad van hierdie webtuise is daar 'n skakel na die RSVP-blad. Sleutel jou naam in en kies dan jou naam om verder te bevestig of jy daar sal wees of nie daar gaan wees nie.
Wat is die dress code?
Die kleredrag is formeel.
Omdat dit 'n heerlike winterstroue in 'n heerlike vaal Gauteng gaan wees, het ons dit goed gedink om 'n kleurryke palet vir ons damesgaste uit te kies.
Ons versoek dus dat ons gaste asseblief, indien moontlik, volgens die onderstaande voorstelle gekleë sal wees.
Onthou ook 'n lekker warm jas of baadjie!
Wat is die dress code vir mans?
Ons sal dit waardeer as die mans sover moontlik swart en wit sal aantrek.
Wat is die dress code vir vroue?
Ons sal dit waardeer as die vrouens in soliede juweelkleure (jewel tones) gekleë is. Sien gerus die onderstaande foto vir verwysing.
Julia het reeds wit "gedeps" ;)
GESKENKE?
Jou teenwoordigheid is vir ons reeds die grootste geskenk! As jy wel ’n bydrae wil maak, hou hierdie in gedagte:
"Kontant in die sak is beter as ’n bak op die rak... of 'n bak in storage!"
Ons verhuis direk na die troue oorsee, en beplan om net ons tasse en mekaar saam te vat. Enige finansiële bydrae sal ons dus help om ’n nes aan daardie kant te bou.
Mag ek my kinders saambring?
Alhoewel ons baie lief is vir al die kinders in ons lewe, vra ons dat kinders slegs op uitnodiging saam kom partytjie hou.
Mag ek 'n metgesel bring?
Ons probeer om ons troue so intiem (en bekostigbaar) moontlik te hou, en moes ongelukkig reeds ons eie lysie van geliefdes kortsny. Ons vra daarom dat metgeselle ook slegs met uitnoding saam kom partytjie hou.
Hoe kan ek te werk gaan met verblyf?
Ongelukkig is die verblyf by The Stone Cellar reeds bespreek. Heidelberg het egter baie oulike blyplekke op AirBNB, Booking.com en Lekkeslaap beskikbaar.
'n Paar van ons gunstelinge:
1. Heidelberg Lodge (slaap 10)
2. Van Dykshuis (slaap 14)
3. Oakview Manor (slaap 8)
4. Heidelberg Kloof Lodge
Hoe betaal ek by die kroeg?
The Stone Cellar het kontant- en kaartfasiliteite beskikbaar.
Is daar 'n shuttle service na die lughawe/stad?
Ons venue het 'n shuttle-diens beskikbaar. Indien die behoefte groot genoeg is, sal daar 'n shuttle vanaf en terug na die lughawe gereël kan word.
Reël asseblief met Ruan of Julia vroegtydig om jou plekkie te bespreek.
Mag ek foto’s neem en deel?
Ja, met liefde! Ons vra wel dat daar GEEN foto's tydens die diens in die kapel geneem word nie. Ons het ons fotograwe met die hand uitgekies en vertrou dat hulle foto's goed genoeg sal wees.