Almal vra hoe ons ontmoet het, en dit draai altyd uit op ons lang storie omdat dit ook uit 2 perspektiewe vertel kan word, maar hier gaan ons dit probeer vertel in die derde persoon:
Christiaan en Chrizel het ontmoet in Januarie 2020 op die Riversdal skoudans, maar net 'n vinnige handskud en die aand het aangegaan. Dit is die eerste keer wat hulle mekaar sou gesien het.
Daarna het Chrizel begin betrokke raak by die Voortrekkers, Christiaan se ma het haar ontmoet en vir Christiaan laatweet dat hy sy oe moet oophou vir die nuwe meisie in die dorp en sy sal op die Kommandokamp wees, Christiaan het al geweet van wie sy ma praat oor die handskud vroeer. Dit is belangrik om te weet dat dit ook nie net n handskud was nie, maar dadelik het albei iets gesien in mekaar.
Die Kommando kamp was eers einde van Februarie 2020 en in die tussentyd was dit Riversdal skou en Christiaan het maar probeer werkmaak van sy ma se raad en vir Chrizel so elke nou en dan te groet in die verbyry. Daar was veral indruk gemaak by Christiaan toe hy die eenkeer groet "Jis jis! Hoe gaan dit?" en Chrizel antwoord "Nee dit gaan sleg" oor haar perd wat seer gekry het net voor die skou en hy het nogal gedink dit is vars van iemand om sommer dadelik soo eerlik te wees.
Die skou het toe verby gegaan en die Voortrekker kommando kamp het gekom waar Christiaan as staatmaker gehelp het en Chrizel as 'n offisier. Lang storie kort, hulle het so bietjie meer van mekaar leer ken op die kamp en aan die einde van die kamp toe Chrizel skimp dat Christiaan haar moet nooi na danse en hy daarmee ingestem het, het sy vir hom gese "maar jy het seker my nr nodig?", en Christiaan het toe uiteindelik haar nr gekry. Een week later het Christiaan haar genooi na 'n verjaarsdag partytjie en dit was 'n onvergeetlike aand vir albei waar daar gekuier was saam vriende tot in die oggend ure. Hierdie sou die laaste kuier van sy soort wees voor die Covid pandemie.
Tydens Covid het Christiaan seker gemaak hy verloor nie kontak nie en het sy boerdery permit gebruik (of eerder misbruik) vir kuier onthalwes op die plaas De Draai saam Chrizel en haar hele familie. Hy het sommer nagte lank deur lande gedis en nagtelike ure eers huis toe gery na lekker kuiers, elke aand. So het hy met die familie gevry nog voor hy eers aan Chrizel se hand gevat het.
Eendag, op 18 April 2020 (omtrent een maand na die kuiertjies in lockdown begin het), het Christiaan uiteindelik besluit om vir Chrizel sy meisie te maak. Dit sal die eerste soen ook gewees het.
So het dinge aangegaan en die verhouding het goed gegaan vir 'n volle 2 jaar lank tot op 18 April 2022 wat Christiaan vir Chrizel gevra het om te trou op Blombos se duin, waar hul graag altyd picnic gehou het. Die antwoord was natuurlik ja!
In Junie 2022 het hulle altwee saam 'n werksgeleentheid raak gesien en besef dat hulle uitgeknip is vir die werk, die enigste probleem was dat dit in Namibie is en Christiaan sou met Chrizel getroud moes wees vir 'n verblyf permit en die minste probleme, maar hulle wou met baie graagde 'n groot troue hou waar al die familie kans het om by te woon. Daarom het hulle na baie deeglike deurdenking besluit om wettiglik te trou op 31 Oktober 2022 in die dominie se huis, maar die viering van die troue op 23 September 2023 te hou en die effort wat dit nodig het om 'n lekker makitie te hou ten volle in te sit!
En nou is ons hier, besig om uitnodigings uit te stuur vir die viering van liefde <3