Top Theme Image
Top Theme Image

Christiaan & Chrizel

September 23, 2023 • Utopia, Swellendam

Christiaan & Chrizel

September 23, 2023 • Utopia, Swellendam

By die onthaal

Picture of By die onthaal

Die onthaal gebou sal strengliks om 00:00 sluit op 23 September, maar dit beteken nie ons partytjie is verby nie, ons skuif net na die lapa in die kamp area in!


Daar is min of meer 100 kamp spasies waar een gesin sal pas op 'n spasie teen R120 per persoon per nag. Kampeerders kan hulleself al vanaf die 21ste September kom begin inrig en hoef eers 11h00 op die 24ste September weer te vertrek.


Indien jy nie kamp gereedskap kan bring nie, kontak asb vir Petrichor Adventures (genoem hieronder) vir opsies om kamp gereedskap te huur. As jy wel besluit dat om kamp gereedskap te huur is die ding vir jou, laatweet asb vir die bruidspaar sodat ons een groot bestelling kan plaas vir al die gaste te same.


Indien jy graag eerder tussen mure wou slaap, het ons 'n paar plekke ook genoem wat ons glo heeltamal die moeite werd is, maar moet asb nie skroom om self vir Google te pla vir BAIE meer opsies in Swellendam nie!

Petrichor Adventures

083 659 4514

Ons beveel sterk aan dat julle by die venue oorbly en vir Petrichor adventures kontak vir hulle tent verhuuring pryslys indien jy nie jou eie kamp gereedskap kan saambring nie.

Utopia Guest House and Wedding Venue

Swellendam, 6740, South Africa
082 774 8543

As jy nie saam ons sal kan kamp nie en wens om eerder in nabye verblyf te bly, kontak asb die eienaar van ons trou onthaal vir verblyf opsies op die buurplase. Anders sal ons dit sterk aanbeveel om verblyf opsies in Swellendam (wat slegs 15min se ry vanaf die trou onthaal is) te oorweeg.

Winterson en Somerkoelte

137 Voortrek St, Swellendam, 6740, South Africa
083 709 2486

Frog Mountain Getaway

Portion 5 of Farm 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, South Africa
028 512 3732

Pragtige verblyf in die Buffeljags area. Hierdie opsie is ver van die trou onthaal en moet asb as 'n opsie vir verblyf verkies word voor of na die trou aand.

Umshanti

Buffalo Creek, Buffeljagsrivier, 6742, South Africa
028 512 3787

Bonfrutti Farm Stall

R60 Between Ashton and Swellendam, Bonnievale, 6730, South Africa
084 244 4804