Dit is met blydskap dat ons jou nooi om te kom deel in ons huweliksbevestiging wat plaasvind op Saterdag, 05 April 2025. Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag met ons gunsteling mense te deel nie! #GoedBeterGerber

Anke & Herman

April 5, 2025

Dit is met blydskap dat ons jou nooi om te kom deel in ons huweliksbevestiging wat plaasvind op Saterdag, 05 April 2025. Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag met ons gunsteling mense te deel nie! #GoedBeterGerber

Anke & Herman

April 5, 2025

Is kinders welkom?

Ongelukkig geen kinders.

Mag ek 'n metgesel bring?

Metgesel slegs per uitnodiging.

Is daar 'n grondpad?

Ja, daar is 'n baie kort stukkie grondpad. Motors kan gemaklik daar ry.

Wat is die kleredragkode?

Semi-formeel. Dames kan 'n prettige, maar tog netjiese partytjierok saam met hakke dra. As jy nie 'n groot aanhanger van rokke is nie, sal 'n netjiese broekpak of oorpak ook kan werk. Mans kan 'n netjiese knoophemp dra (das / strikdas / netjiese baadjie kan hiermee gepaard gaan). Geen jeans nie, asseblief. Sien die foto's hieronder vir 'n paar idees vir uitrustings. Dit is natuurlik vir ons belangrik dat gaste gemaklik voel in hul uitrustings en die foto's kan slegs gebruik word as riglyn.

Sal daar 'n kontant kroeg wees?

Ja, daar sal 'n kontant kroeg wees. Kaart fasiliteite beskikbaar.

Is daar verblyf beskikbaar?

Gaste moet hulle eie verblyf voorsien. Daar is verskeie verblyf opsies beskikbaar in Robertson/McGregor teen billike tariewe. Sien asseblief "Verblyf Opsies" op hierdie webtuiste vir 'n paar voorstelle.