Akkommodasie sal slegs beskikbaar gestel word wanneer die RSVP ingedien is, waarna bevestinging van Akkommodasie met Lettie Erasmus [082 323 9653] bespreek kan word, hierna sal allokerings gemaak word soos goed gedink.
Betalings word direk aan Lettie gemaak, die venue verkies een groot bedrag vir die Akkommodasie.
As jy dit graag as 'n Bed & Breakfast wil sien, sal daar Ontbyt beskikbaar wees die Sondag oggend, op eie onkoste.
Let wel beperkte Akkommodasie is beskikbaar, as jy 'n bedjie wil hê sal jy vinnig moet spring en RSVP.
Tariewe beloop as volg:
Akkommodasie:
- Volwassenes: R300 - R450 pp/nag
- Kinders (2 - 12 jaar) - R280pp/nag
- Babas (0 - 2 jaar) - Gratis
Ontbyt - R120/persoon
Mits die gaatjies almal vol gestop is en jy bereid is om 'n entjie te ry is hierdie die Akkomodasie opsie vir jou.
iMbila Guest Farm - 3.3 km vanaf die venue, tariewe op aanvraag van die Gasteplaas.
Kwakunje Village B & B - 7.3 km vanaf die venue, tariewe beloop R554/aand vir twee persone.
Rand Self-catering Accommodation - 19.5 km vanaf die venue, tariewe beloop R650/aand vir twee persone.
Waterfront Guest House - 20 km vanaf die venue, tariewe beloop R650/aand vir twee persone.
The Wool House - 23 km vanaf die venue, tariewe beloop R690/aand vir twee persone.