Julle is welkom om enige tyd by Ontvangs in te boek van 12:00 af, julle voete te vind en reg te maak vir die dag/aand se verrigtinge.
Maak asseblief seker dat jy voor 14:30 ingeboek is, anders gaan jy die kantoor mis en nie jou sleutel kan kry nie.
Wat kan ons vir julle as trougeskenk gee?
Ons nessie is reeds geveer, spaar jou voete die loop, 'n geldjie sal ons waardeer.
Hoe laat is aandete?
Die makietie sal omstreeks 18:00h afskop, waarmee Hoofgereg om 19:00h bedien sal word.
Hoe laat mag ek gaan skuinslê?
Voel vry om enige tyd na die verrigtinge te vertrek, of kuier saam met ons tot middernag.