DIE BEGIN -
Lank lank gelede was die Krugers en Erasmusse bure. Pop speel en modderkoekies bak, het 'n vriendskap vinnig gevorm.
June 18, 2010
Ongelukkig met groot word het paadjies geskei, maar uit die oog is nie uit die hart.
November 23, 2019
DIE HERONTMOETING - Op 'n sonskyn dag by 'n fees het hy vir haar nommer gevra en so het die vlammetjie weer gevat. Milkshake dates by Delmas Spur, en laat nag gesels oor lang afstand, nooit het hulle gedink dit sou iets meer word nie...
December 31, 2019
DIE LIEFDE - Hy het moed bymekaar geskraap en haar pa gebel (soos ouderwets die woorde oor-en-oor geoefen) om te vra of hy haar kan vat na 'n nuwejaarsdans. Een dans het twee geword en toe begin die liefdesverhaal.
June 17, 2023
Na vier jaar se wag om terug te kom van Potchefstroom en haar eie nessie te skrop, het hy uiteindelik vir haar hand gevra.
En nou, nou hou ons groot makietie want daar is een meer Kruger!
And they lived happily ever after...
Never The End